Dit was ‘n voorreg om die klas van 2015 op Vrydag, 1 Augustus 2025 Augustus vir hulle 10-jaar reünie te verwelkom. Na koffie by 1920 het dié lewendige groep by monde van Cronjé Holtzhausen (Onderhoofseun) die seuns in die saal vermaak met prettige staaltjies uit hul skooljare. ‘n Inligtingsessie in die nuwe museum is gevolg deur ‘n skooltoer. Die manne was aangenaam verras deur al die vernuwing op die kampus.
Eenmaal ‘n Affie, altyd ‘n Affie!

