Affie-Legendes 2026

Dit was ’n besondere voorreg om Vrydag 20 Februarie die matrieks van 1953–1965 weer by die skool te verwelkom. Ou vriende het mekaar ná jare weer ontmoet, herinneringe is opgehaal en kosbare stories is gedeel. Dit was beslis ’n spesiale oggend vol trots en kameraadskap.
Eenmaal ’n Affie, altyd ’n Affie.