Oud-Affie Jaarverteenwoordiger-braai was ‘n reuse sukses.
Dit was ‘n voorreg om jaarverteenwoordigers van die matriekgroepe vanaf 1950 tot 2025 by die skool te verwelkom. Mnre. Peregrine Joynt (hoof), Richard Butler (trustee van die Affie 100 Fonds), Nicki Maritz (OAB-voorsitter) het Affies se pad na 2035 bespreek. Hulle het ook die 10-jaar meesterplan met die oud-Affies gedeel, asook opwindende nuwe projekte wat in die pyplyn is aan die manne voorgehou.



























































































































































































