Vrydag, 8 Augustus, het ons die oud-Affies van 1970, 1985, 1990, 1995 en 2005 op Boereplaas verwelkom. Wat ‘n groot voorreg!
Die seuns het aan Dr. Edwards (1970), wat die massa-opening byeenkoms op die pawiljoen toegespreek het, se lippe gehang. Daarna het die oud-Affies ‘n heerlike ontbyt geniet waarna Dirk Taljard hulle op ‘n toer van die skool vergesel het. Dit was ‘n heerlike dag vir almal betrokke.
Eenmaal ‘n Affie, altyd ‘n Affie!













