Oud-Affies kom kuier by die skool

Die oud-Affiebond het drie gaste ontvang wat elk ‘n besonderse verbintenis met die skool het. Een van die langslewende oud-Affies, mnr. Magnus Coetzee het in 1946 gematrikuleer. Hy het rugby gespeel en was ‘n prefek.

Dr. Albert Visser was wel nie in Affies nie, maar het tussen 1969 en 1978 op die beheerliggaam gedien. Hy het 5 kinders, waarvan die drie seuns in Affies was. Albert (1973), Kobus (1975) en Danie (1979). Danie het vir Suid-Afrika tennis gespeel en dié se susterskind is Christiaan Worst wat in 2018 aan AHS matrikuleer het en tans vir Suid-Afrika tennis speel.

Dr. Pierre Davis het in 1955, op die ouderdom van 15 matrikuleer. Hy het as ginekoloog praktiseer.

Dit was lekker om na die stories en herinneringe van hulle tyd hier by Affies te luister.